Trevor Noah gaan weer Grammys aanbied

Die Suid-Afrikaanse komediant en voormalige aanbieder van die Daily Show, Trevor Noah, gaan die vyfde agtereenvolgende jaar die jaarlikse Grammy-toekennings aanbied. Hy sal ook as ʼn vervaardiger van die regstreekse vertoning optree. Die 40-jarige Noah is benoem vir die beste komedie-album vir sy Netflix-produksie, Where Was I. Die Recording Academy sê vanjaar se seremonie het ʼn hernude sin van doelgerigtheid met bykomende pogings om verligting te bring ná die brande. Die 67ste Grammy-geleentheid vind op Sondag, 2 Februarie, in Los Angeles plaas.