TotalEnergies wag nog vir vrede in Cabo Delgado

TotalEnergies sê sy reuse-gasprojek in Mosambiek, wat sedert 2021 opgeskort is ná ‘n jihadistiese aanval, sal eers hervat wanneer daar weer “vrede en veiligheid” in die Cabo Delgado-streek is. Die Franse onderneming het gereageer op ‘n Financial Times-verslag waarin gesê word hy het die begin van operasies weer “vertraag” oor veiligheids- en politieke risiko’s in die Suider-Afrikaanse land. Die uitvoerende hoof, Patrick Pouyanne, het in Oktober aangedui sy doelwit om in 2029 met gasproduksie te begin, was gebaseer op die hervatting van werk aan die projek teen die einde van die jaar.