Thailand wettig gay-huwelike
Meer as 1 400 paartjies van dieselfde geslag het in Thailand getrou nadat die Wet op Huweliksgelykheid bekragtig is. Thailand is slegs die derde land in Asië wat huwelike tussen mense van dieselfde geslag wettig. Taiwan het dié stap in 2019 gedoen en Nepal in 2023. LGBT-paartjies het nou dieselfde regte as ander paartjies wat die bestuur van bates, erflatings, aanneming en besluite oor lewensmaats se mediese behandeling betref. Eerste minister Paetongtarn Shinawatra sê dit wys Thailand is gereed om verskeidenheid te omarm en liefde in al sy vorms te aanvaar.