Publiseer bewaringsuksesse ook, nie net stropery

Toeriste reis na Afrika om wilde diere in hul natuurlike omgewing te sien en te ervaar en as dit verander, sal die meeste toeriste waarskynlik wegbly. Gevolglik is die uitwerking van stropery, veral in die Etosha Nasionale Park, kommerwekkend. Dit plaas ook Namibië se reputasie vir bewaring en die daaropvolgende sosio-ekonomiese groei in gevaar. In ‘n onderhoud met die tydskrif InFocus het die omgewingsministerie renosterstropery in Etosha uitgelig en die behoefte aan meer fondse beklemtoon om dit te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bewaringskenner Hazel Milne wat die Eco-toekennings bestuur, wat sê die land se bewaringsuksesse moet eerder gepubliseer word.