MK-party vra Trump om Phala Phala te ondersoek

Die MK-party wil hê die Amerikaanse president, Donald Trump, moet vasstel hoe dit gebeur het dat Amerikaanse dollars in president Cyril Ramaphosa se meubels versteek was op sy plaas in Limpopo, Phala Phala. ‘n Komitee het in 2022 bevind Ramaphosa het dalk ‘n oortreding begaan. ANC-parlementslede wat destyds ‘n meerderheid in die Nasionale Vergadering gehad het, het egter verhoed dat ‘n komitee geskep word om hom in ‘n staat van beskuldiging te plaas. MK is optimisties die Trump-administrasie sal ‘n nuwe era van regverdige bestuur wêreldwyd inlui.