Ministerie sê oor dokumente vir kwesbare kinders-registrasie
Die ministerie van geslagsgelykheid het publieke kommer aangespreek oor dokumente wat ingedien moet word vir die registrasie van kwesbare kinders. Verskeie mense het gekla dat daar geen duidelike kommunikasie oor die proses is nie. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die dokumentvoorlegging is deel van die ministerie se pogings om te verseker dat die registrasieproses deeglik en doeltreffend is. Hy sê die ministerie is besig om kommunikasie en die algehele ervaring te verbeter om verwarring te voorkom.