Meatco en LPO vergader 11 Februarie by Nipam

Meatco het aangekondig dat die spesiale ledevergadering Dinsdag, 11 Februarie om nege-uur gehou sal word by Nipam in die hoofstad. Dit kom na die Lewendehawe Produsente-organisasie in die lig van Meatco se twee mislukte pogings verlede jaar om ‘n algemene jaarvergadering te hou, gevra het vir ‘n Meatco-ledevergadering. Die LPO-voorsitter Jako van Wyk het hulle bekommernisse so verwoord.