Gauntlett gaan aftree na bewerings van seksuele aanranding

Die bekende senior advokaat in Suid-Afrika, Jeremy Gauntlett, sê hy gaan aftree ná bewerings van seksuele aanranding. Die Algemene Balieraad het Dinsdag die bewerings vir ondersoek na die Kaapse Balieraad en die Johannesburg Vereniging van Advokate verwys. Wits-universiteit se senior dosent in sosiale antropologie, Hylton White, beskuldig Gauntlett dat hy hom in die 1980’s seksueel aangerand het. Gauntlett, wat oudpresident Jacob Zuma se senior raadgewer in die Nkandla-saak by die Konstitusionele Hof was, sê hierdie bewerings is ondraaglik vir hom en sy gesin.