Doro !Nawas terug in die hof
Die Doro !Nawas-bewarea is weer vanoggend in die hof met ‘n hersieningsaansoek om Ottilie Ndilimunde te verhoed om enige mynaktiwiteite in hulle gebied uit te voer. Die bewarea vra regter Doris Hans-Kaumbi om die omgewingskommissaris se besluit om Ndilumunde se omgewingsklaringsertifikaat goed te keur, en die mynkommissaris se uitreiking van ‘n eksplorasielisensie, as ongrondwetlik te verklaar en om te keer. Die bewarea is bekommerd oor die veiligheid van veral swart renosters in sy gebied.