Diens reageer op oproepe dat hy vir bloedskenkings moet betaalJanuary 23, 2025
Frieda Vatileni, ‘n gesondheidsopvoeder by die Namibiese Bloedoortappingsdiens, het oproepe op sosiale media dat die diens vir bloedskenkings moet betaal, aangespreek. Die koste daaraan verbonde is reeds hoog, want geskenkte bloed moet getoets word voordat dit gebruik kan word. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ook etiese kwessies rondom so ‘n praktyk.