Alliansie van Sahel-state skep eie mag van 5 000

Die drie junta-beheerde lande in Afrika se Sahel-streek sal kragte saamsnoer om ‘n eenheid van 5 000 troepe te skep om die jihadistiese geweld te beveg wat die nasies al jare lank teister. Burkina Faso, Niger en Mali sal binne weke ‘n verenigde mag skep, het Niger se minister van verdediging Salifou Mody gesê. Die drie lande is voormalige Franse kolonies waar die weermag burgerlike administrasies tussen 2020 en 2023 in staatsgrepe omver gewerp het. Ná die staatsgrepe het die drie lande hulle van Frankryk gedistansieer en verlede jaar ’n konfederasie gevorm, die Alliansie van Sahel-state.