Afrika, Namibië inkluis, sal moet werk aan voedselproduksie

Klimaatsverandering sal na verwagting veroorsaak dat die wêreldekonomie tussen 2070 en 2090 tot 50-persent van sy bruto binnelandse produk sal verloor. Die Instituut en Fakulteit van Aktuarisse waarsku in ‘n verslag dat ontkoling dringend moet geskied, die natuur herstel moet word en beleid aangepas moet word om die insolvensie van die planeet te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein van Oxford Economics Africa gesels, wat die impak van die klimaatskrisis op Afrika beskryf.

Klein voeg by dat as klimaatskwessies nie aangespreek word nie, dit Afrika se voedselvolhoubaarheid en ook ekonomie sal beïnvloed.