Trustco verduidelik denotering

Trustco Group Holdings het aangekondig dat sy direksie opsies evalueer om die maatskappy van die JSE, Namibië Aandelebeurs en die OTCQX-mark in die VSA te denoteer. Die maatskappy sê ‘n aansienlike deel van sy aandeelhouers is nou in Amerika gebaseer en denotering, gekombineer met sy beplande Nasdaq-notering, posisioneer hom om sy beleggers beter te dien en aandeelhouerswaarde te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Trustco se adjunk uitvoerende hoof, Quinton van Rooyen Junior, wat meer deel.