Trump noem Biskop ‘gemeen’ na sy hom vra om genadig te wees

Die Republikeinse kongreslid, Mike Collins het gevra vir die deportasie van die Biskop van Washington, nadat sy tydens ‘n gebedsdiens op regstreekse televisie met Trump gepraat het oor immigrasie en LGBT gesinne. Trump en sy visepresident, JD Vance, het uitdrukkingloos voor hulle uitgestaar toe Biskop Mariann Edgar Budde hulle gevra het om “genade te betoon” teenoor die wat bang is. Trump het haar op Truth Social as ‘n radikale linksgesinde “Trump-hater” bestempel. Hy sê haar stemtoon was gemeen, sy is nie oortuigend of slim nie, en sy en haar kerk skuld die publiek ‘n verskoning.