Rooilyn-saak: Amupanda se regspan maak verskeie flaters

Dit wil voorkom asof Job Amupanda se regspan vir sy rooilyn-saak daarop uit is om regter Shafimana Ueitele te ontstook met verskeie flaters wat begaan is. Eers was dit die dagvaardiging aan verskeie hooggeplaastes wat na die regter se sperdatum van 13 Desember ingedien is. Ueitele het nie eers die kwessie aangehoor nie, ook nie die visepresident se dringende aansoek om te keer dat sy getuig nie. Dinsdag het advokaat Mbushandje Ntinda en Kadhila Amoomo aangedui hulle sal ‘n mosie bring dat Ueitele onttrek as regter in die saak wat ter elfder uur teruggetrek is en vandag, het Ntinda gepoog om getuienis te bring sonder die nodige kennisgewing. Ueitele het ook Amupanda gewaarsku om nie na regters as ‘puppets’ en ‘stooges’ te verwys nie. Die saak duur voort.