Publiek het reg om te weet oor Namdia-roof: Media-ombud
Die Namdia roof is steeds in die nuus en die beskikbare inligting is skraps en uiteenlopend. NamPol en Namdia het aanvanklik gesê ‘n gesamentlike perskonferensie sal gehou word, maar die polisie het nou aangekondig dat dit tot verdere kennisgewing uitgestel word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. John Nakuta, die media-ombudsman, wat sê hierdie kwessie strek tot die kern van die toegang tot inligting-wet.