Pakkry ‘lei tot geweld onder kinders’

Geweld onder jong kinders is nie vreemd vir Namibië nie en het weer aan die lig gekom toe ‘n 10-jarige gestremde seuntjie ‘n twee-jarige meisie versmoor het toe hy sand in haar mond gestop het. Dit het gekom nadat die kinders saam met twee ander alleen by die huis gelos is terwyl hul ouers shebeens besoek het. Kosmos 94.1 Nuus het met die sielkundige dr. Shaun Whittaker gepraat, wat sê solank kinders geslaan word, sal gewelddadige neigings voortduur.