Padvervoer oorheers steeds invoere

Vragmotors bly die belangrikste vervoer vir invoere in Namibië met meer as 50 persent van alle goedere wat in November so die land binnegekom het. Net onder 20 persent van invoere het per vliegtuig aangekom en amper 30 persent is verskeep. Dit toon weer die afhanklikheid van die land op invoere van Suid-Afrika. Walvisbaai het in November net meer as 5 miljard Namibiese dollar se invoere hanteer met Ariamsvlei, wat vragmotors aandui, op ‘n reuse 3,449 miljard dollar. Walvisbaai was ook die top-uitvoerhawe met 5,6 miljard se goedere teenoor Eros-lughawe wat 2,8 miljard dollar se goedere uitgevoer het.