Leeus-toer ‘sal nog ‘n dimensie na Sesnasies bring’

Rugby: Ierland se kaptein, Caelan Doris, sê vanjaar se toer van die Britse en Ierse Leeus na Australië bied ’n ander dimensie aan die Sesnasies. Hy glo die spelers sal alles uithaal in die jaarlikse kompetisie om oorweeg te word vir die Leeus-toer, wat net elke vier jaar plaasvind. Doris sê hoewel die sukses van die span belangrik is, kan individuele tweestryde verwag word. Ierland, wat die Sesnasies die vorige twee jaar gewen het, speel volgende naweek in die eerste ronde teen Engeland in Dublin.