Dis ‘nie maklik vir klein besighede om diamantsektor te betree’

Die ministerie van myne en energie het ‘n beroep op klein en medium ondernemings gedoen om munt te slaan uit geleenthede in die land se diamantsektor, en beklemtoon dat betrokkenheid verder gaan as direkte mynbou-aktiwiteite. Die ministerie het verskeie maniere vir deelname uiteengesit, insluitend diamanthandel, sny en poleer, gereedskapvervaardiging en navorsing. Dit sal Namibiërs bemagtig om die land se hulpbronne vir ekonomiese groei te benut. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gesels, wat sê dis nie so maklik nie.