Cosatu vra SARB om by Ithala-krisis in te gryp

Cosatu versoek die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die regering en die Nasionale Tesourie en al sy afdelings om hul regulatoriese rol baie ernstig op te neem en in te gryp by die Ithala-bank-krisis. Cosatu-woordvoerder, Edwin Mkhize, sê die Omsigtigheidsowerheid van die Reserwebank het reeds by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, aansoek gedoen vir die voorlopige likwidasie van Ithala, omdat die agentskap vir ontwikkelingsfinansiering insolvent is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *