Weermag se kortlys-kandidate vandag bekend 

Die Namibiese weermag het in vandag se New Era ‘n lys van die kandidate wat goedgekeur is vir voortoegang- en fiskheidstoetse publiseer. ‘n Totaal van 3 210 kandidate in al 14 streke, sowel as 360 kandidate vir nasionale jeugdiens, moet teen 5 Februarie by die weermag se streekskantore aanmeld. Geskrewe Engelse toetse, algemene kennis en fiksheid sal getoets word. Kandidate moet hulle ID-dokument, geboortesertifikaat en gesondheidspaspoort saambring. Suksesvolle kandidate sal teen 7 Maart in kennis gestel word oor die tweede fase van opleiding. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *