Trigon doodstil oor Kombatmyn se oorstroming

Die bestuur by Kombatmyn weier om enige verdere kommentaar te lewer oor die oorstroming van die myn verlede week Donderdag. Kosmos 94.1 Nuus is herhaaldelik gesê die verklaring wat toe uitgereik is, wat sê beide pompe van Trigon Metals gefaal het en die myn ontruim is, is steeds van krag. Intussen word daar verneem dat toerusting om die situasie te herstel môre by die myn sal aankom. Dit is bevestig deur die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese Veston Malangu. Hy het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die kamer ook geen verdere inligting ontvang het nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *