Swartbemagtiging hoort nie in eiendomsektor nie – Sakeliga

Die drukgroep Sakeliga het ‘n aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien teen die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns en staatsdepartemente oor die vereiste dat eiendomsagente swart ekonomiese bemagtiging-sertifikate moet hê vir getrouheidsfonds-sertifikate. Sakeliga meen SEB-voldoening is nie tersake vir die etiese hantering van kliënte se geld nie, en beskryf die sertifikaat as ‘n politieke instrument. Die owerheid het in April gewaarsku oor gevare vir nie-voldoening. Sakeliga beskryf dit as ‘n beheertaktiek oor ekonomiese toegang. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *