Studente, maak seker jou kursusse is geakkrediteer
Soos die nuwe akademiese jaar aanbreek neem studente belangrike besluite oor hul studies, kies hul kursusse en sommige kies om kursusse te verander. In die lig hiervan raai Lina Ndengu, die skakelbeampte van die Namibië Kwalifikasie-owerheid, studente aan om te verseker dat die kursusse wat hulle kies behoorlik geakkrediteer is. Ndengu het aan Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon hoe belangrik dit is om geakkrediteerde programme te kies om te verseker dat die kwalifikasies wat studente verwerf, erken word. Sy het studente ook aangemoedig om die owerheid se lys van geakkrediteerde instellings en programme na te gaan voordat hulle inskryf.