EU gee N$20m aan ACC vir korrupsie bekamping

Die Teenkorrupsie-kommissie het ‘n 20 miljoen Namibiese dollar-toekenning van die Europese Unie ontvang om sy stryd teen korrupsie te versterk. Die toekenning, wat in vennootskap met die VN se Ontwikkelingsprogram en die regering bestuur word, het ten doel om die kommissie se kapasiteit te versterk en die implementering van die Nasionale Teenkorrupsie-strategie en Aksieplan te bevorder. Erna van der Merwe, die kommissie se adjunk-direkteur, sê die vennootskap poog om korrupsie teen 2028 te verminder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *