Tsumeb, sy inwoners en arseen…

Inwoners van Tsumeb spreek lankal reeds kommer uit oor gesondheidskwessies wat verband hou met arseenblootstelling, dampe en stof van die kopersmelter, wat voorheen deur Weatherly bedryf is en tans deur Dundee Precious Metals beheer word. Na wat berig word het onafhanklike ontledings hoë arseenvlakke in inwoners en werkers bevestig. Grond- en gewasbesoedeling rondom die smelter hou aansienlike risiko’s vir boerdery en menslike gesondheid in, veral vir kinders. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Rob Parker gepraat – hy sê dit gaan oor winsmarges. 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *