TikTok is terug in die VSA
TikTok sê hy het begin om sy diens aan sy 170-miljoen gebruikers in Amerika te herstel nadat dit Sondag tydelik en vrywillig gesluit is. Die maatskappy skryf sy terugkeer toe aan gekose president Donald Trump se plan om die toepassing te red. Trump sê nadat hy vandag ingesweer is, sal hy ʼn uitvoerende bevel onderteken wat die Chinese video-toepassing ekstra tyd sal gee om ʼn koper te vind voordat dit heeltemal gesluit word. Hy stel voor Amerika of ʼn Amerikaanse firma koop 50-persent van die maatskappy.