Sensus-syfers oor werkloosheid kom op 29 Januarie

Die Namibië Statistiekagentskap het deurgeloop onder kritiek ná die vrystelling van die 2023-sensusdata. Die verslag het nie sleutel-arbeidstatistieke, soos die werkloosheidsyfer, ingesluit nie. Volgens die agentskap sal hulle afsonderlike tematiese verslae vrystel gebaseer op die sensusdata. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder, wat ‘n vooruitsig gee van die verslae wat hulle elke maand vrystel. Die arbeidsverslag wat die werkloosheidstatistieke insluit, sal op 29 Januarie verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *