SA se Davos-boodskap is vennootskappe
President Cyril Ramaphosa sê een van die boodskappe wat die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreldekonomiese Forum in Switserland sal neem, is die land se voortdurende fokus op vennootskappe in sy strewe na groei en volhoubare ontwikkeling. Die vergadering vind plaas te midde van Suid-Afrika se oorname van die presidentskap van die Groep van 20. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die G20 lê klem op die bevordering en samewerking tussen lande oor die wêreld se knellendste kwessies.