Rooilyn-saak: Regter hoor nie NNN se dringende aansoek aan nie
Regter Shafimana Ueitele het volgens Job Amupanda geweier om vandag visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah se dringende aansoek om nie in die rooilyn-saak te getuig nie, aan te hoor en daarop ‘n beslissing te maak. Sy het die aansoek ingedien om te verhoed dat sy getuig en sê dit maak misbruik van hofprosesse. Sy en oud-justisieminister Sacky Shanghala is gedagvaar. Amupanda sê regter Ueitele sê hy sal vanmiddag om twee ‘n voorverhoor-uitspraak lewer.