Robbie Williams en Green day op een verhoog in Kaapstad
Die Stad Kaapstad sê die popsensasie Robbie Williams en die wêreldberoemde rock-groep Green Day sal, saam met ‘n sterbelaaide groep plaaslike kunstenaars, op die verhoog wees vir ‘n opwindende musiekervaring oor twee dae. Die stad is in sy noppies oor sy steun vir die tweede uitgawe van Calabash South Africa, Woensdag en Donderdag by die Kaapstad-stadion. Williams, met ‘n indrukwekkende loopbaan, wat ,’n verstommende 80-miljoen albumverkope wêreldwyd insluit, en ‘n ongelooflike 14 nommer een treffers, is op dag een die voorste kunstenaar. Die Kaapstadse LUR vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, verduidelik wat aanhangers op die twee dae kan verwag: