Mbalula sê geveg teen zama-zamas moet voortgaan
Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula doen ‘n beroep op die regering om voort te gaan met sy strategie om onwettige mynbedrywighede en die uitdaging van zama-zamas in die land te beveg. Verlede week is 216 onwettige myners gered en 78 liggame is herwin by die Stilfonteinmyn in Noordwes, nadat die Hooggeregshof in Pretoria die regering opdrag gegee het om reddingsoperasies by die myn te vergemaklik. Mbalula sê onwettige mynbedrywighede en verlate myne is voortslepende kwessies in die land: