Huwelikswet nog nie in werking nie – LAC
Namibië het die Huwelikswet van 2024 in Staatskoerant gepubliseer. Die wet verbied amptelik die erkenning van dieselfde geslag huwelike, insluitend dié wat wettiglik in ander lande uitgevoer is, wat ‘n 2023 hooggeregshof-uitspraak omkeer. Dit definieer die huwelik streng as ‘n verbintenis tussen ‘n man en ‘n vrou, en sluit daardeur selfdegeslagpaartjies uit van wetlike erkenning onder beide siviele en gewoontereg. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, gepraat. Sy sê die wet is nog nie in werking gestel nie.