Hof sê vandag oor IPC, LPM aansoek
Die verkiesingshof sal vanoggend om tien sy beslissing gee oor die oorstaan van die IPC en LPM se verkiesingsuitdaging tot die hooggeregshof sy beslissing lewer, of nie. Die drie regters, Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase het die partye gevra of dit nie beter sou wees om eers van die hooggeregshof te hoor nie. Adjunk-regterpresident Hosea Angula het tydens die hooggeregshof-aansoek partye opdrag gegee om hoofbetoë op 27 en 31 Januarie in te dien en dat die hof op 3 Maart ‘n verhoordatum sal kommunikeer.