Hardap sak effe na besproeiing by groenskema hervat

Geen van die groot damme het in die afgelope week water gevat nie, volgens die jongste damverslag. Die sentrale damme wat onder andere Windhoek voorsien is altesaam 17,6 persent vol. Swakoppoort staan op 23,5 persent, Von Bach op 23,8 en die Omatako op 2,2 persent. In die suide is Hardap op 16,3 persent na net meer as ‘n miljoen kubieke meter water na die groenskema uitgelaat is. Neckartal is op 78,3 persent, Naute op 28,3 persent en Oanob op 31,1 persent. Die Ooste se totale bronne staan op 1,9 persent, met die Otjiverodam wat 1,4 persent water het. Die Daan Viljoendam is 11,2 persent vol en die Tilda Viljoen 0,8 persent. Die Olushandja in die Noorde het 40,7 persent water.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *