DA veroordeel transformasiefonds as nuwe belasting

Die DA sê hy veroordeel ten sterkste die aankondiging van die handelminister, Parks Tau, oor die skepping van ‘n transformasiefonds van 100-miljard Suid-Afrikaanse rand, om uitsluitlik swart ondernemings by te staan. Die minister het in antwoord op ‘n parlementêre vraag onthul dit sal befonds word deur bykomende kodes vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging in die private sektor af te dwing. DA-woordvoerder Toby Chance sê die regering kan nie eensydig belasting of nuwe finansiële verpligtinge op ondernemings lê sonder behoorlike wetgewende prosedures nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *