Booys kan nie vandag appelleer nie, soek nog regsman

Die beleërde oud-streeksraadslid vir Okahandja Steve Biko Booys se appèlsaak teen die weiering van borg sal nie vandag, soos neergelê in die hoërhof begin nie. Booys sê in stukke hy het op 16 Desember uitgevind van vandag se verhoor maar kon nie betyds regsverteenwoordiging bekom nie. Hy vra regters Naomi Shivute en Herman January vir ‘n maand se uitstel. Booys word in die streekshof op klagte van bloedskande verhoor. Hy is sedert Februarie 2021 in aanhouding. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *