Bedrieërs steel N$1,1m by afgetrede onderwyser

‘n Afgetrede onderwyser het 1,1 miljoen Namibiese dollar verloor na iemand toegang tot haar FNB-rekening bekom het. Volgens die Namibiese polisie het die vrou ‘n oproep gekry van iemand by NaTIS wat haar man kon help om ‘n rybewys te kry. Hulle het na Outapi gereis maar is na Oshakati verwys waar selfoon deur iemand wat die polisie voorgedoen het, afgevat is saam met persoonlike dokumente. Die geld is so gesteel. Die polisie ondersoek die saak. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *