Trump sal dalk Maandag ‘n 90-dae uitstel op TikTok-verbod gee
Die verkose Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal TikTok ‘heel waarskynlik’ ‘n 90-dae uitstel van ‘n moontlike verbod gee na sy inhuldiging Maandag. Die toep sal Sondag in die VSA verbied word met 170 miljoen Amerikaners wat ditgebruik. Bytedance het reeds Vrydag gesê hy sal Sondag in die VSA moet afskakel tensy president Joe Biden se administrasie dit omkeer. Biden het reeds gesê hy laat die kwessie aan Trump se administrasie oor.