Skietstilstand in werking gestel in Gaza, 3 ure laat
Israeliese owerhede het bevestig dat die drie name van vroue-gyselaars wat deur Hamas aangestuur is, aanvaar is en dat die skietstilstand in werking sal tree. Dit kom na meer as drie ure se vertraging omdat daar blykbaar ‘n tegniese probleem was vir Hamas om die name bekend te maak. Die Israelse weermag het vanoggend aanvalle uitgevoer en minstens 10 mense is in Gaza dood. Dit is die eerste fase van die skietstilstand en onderhandelings in die brose klimaat duur voort vir ‘n blywende oplossing.