SAPD veroordeel fopnuus or opblaas van skag 10 in Stilfontein

Die buurland se polisie veroordeel wat hulle die verspreiding van leuens en waninligting noem oor die beweerde opblaas van skag 10 deur die polisie by Stilfontein in Noordwes. Die SAPD sê in ‘n verklaring hy het sy plofstofspan beveel om skag 10 te inspekteer vir enige teken van ‘n ontploffing en niks is gevind nie. Die polisie ondersoek ook die deel van persoonlike inligting op sosiale media van verdagtes wat aangekeer is in die Stilfontein-herwinningsoperasie, wat name, nasionaliteite en geboortedatums insluit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *