NNN wil nie in rooilynsaak getuig nie

Die visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n dringende aansoek by die hoërhof ingedien om ‘n dagvaarding tersyde te stel wat haar verplig om te getuig in ‘n saak wat die omstrede veterinêre-kordonheining, ook bekend as die rooilyn betrek. Die nbc berig dat die dagvaardiging vereis dat Nandi-Ndaitwah in die komende verhoor wat vir 20 tot 31 Januarie neergelê is, moet getuig. Job Amupanda wil die  rooilyn ongrondwetlik verklaar. Die visepresident se aansoek voer aan dat haar gedwonge bywoning ‘n misbruik van die hof se prosesse uitmaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *