Oorgrens smokkelary in Zambezi steeds ‘n uitdagingJanuary 18, 2025

Uitdagings met oorgrens smokkelary duur voort in die Zambezi-streek. Die polisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo het inwoners gewaarsku teen onwettige kruisings en die onwettige vervoer van goedere, insluitend smokkelhandel. Volgens Shilelo was die feestyd stil in verband met misdaad maar, uitdagings op die grens wek steeds kommer. Daar is verskeie onwettige oorgangspunte en allerhande goedere, insluited onwettige items, word so die land ingebring. Die streek het ook groot uitdagings met oorgrens veediefstal, veral uit Zambië.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *