Groei in eiendomsmark sal voortduur, maar stadiger

Die plaaslike eiendomsmark begin tekens van ‘n oplewing wys. Die gemiddelde huisprys het meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar bereik in die derde kwartaal van 2024, volgens FNB se huisprys indeks, 7 persent hoër as 2023 en die hoogste groeikoers sedert 2021. Die sentrale streek het ‘n 6,9 persent jaar-tot-jaar styging in huispryse aangeteken, veel hoër as die 2,9 persent groei in die tweede kwartaal. Mandisa Van Wyk, die marknavorsingsbestuurder by FNB, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê hulle verwag dat groei sal voortduur, maar stadiger.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *