Gauteng-man vas vir 10 miljoen foto’s, videos met kinderpornografie
Die polisie in Gauteng het ‘n 35-jarige man in Midrand in hegtenis geneem weens die besit en verspreiding van kinderpornografie. Ongeveer 10 miljoen foto’s en video’s is op sy elektroniese toestelle gevind. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, bevestig die voortgesette operasie waartydens dwelms ook op die perseel ontdek is. Sy sê die man is gearresteer vir die besit en verspreiding van kinderpornografie: