VSA verklaar Hendrik-Wall Muller van die Wes-Kaap as terroris
Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het die Suid-Afrikaner, Hendrik-Wahl Muller, as terroris verklaar weens sy bande met die transnasionale terroristegroep, The Terrorgram Collective. Muller wat in die Wes-Kaap woon, is een van drie individue wat geïdentifiseer as leiers van die groep wat hoofsaaklik op Telegram bedrywig is. Die departement sê die groep bevorder gewelddadige wit oppergesag, stel aanvalle op vermeende teenstanders voor, en verskaf riglyne en opleidingsmateriaal oor taktieke. Hy beskuldig die groep van aanvalle en pogings tot geweld, wat ʼn skietery buite ʼn LGBT-kroeg in Slowakye insluit.