Trustco Bank het tot 28 Februarie om deposante terug te betaal
Trustco Namibia het tot 28 Februarie om alle deposante terug te betaal ná die sluiting van sy bankbedrywighede op 30 Augustus 2024, toe die Bank van Namibië die lisensie van Trustco Bank Namibia gekanselleer het. Die maatskappy moet alle bedrae verskuldig aan deposante, insluitend rente, terugbetaal en enige onopgeëiste fondse moet binne sewe dae na die sperdatum na die Voogdyfonds oorgeplaas word. Die lisensie is teruggetrek weens die bank se insolvensie, aangesien sy laste sy bates oorskry het en dit nie in staat was om skuldverpligtinge na te kom nie. Trustco se bankportefeulje het minder as 1 persent van sy totale beleggings uitgemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, gesels wat ‘n opdatering gee.