Sabalenka wen taai stryd, deur na vierde ronde
Tennis: Die verdedigende vrouekampioen, Aryna Sabalenka het deurgedring na die vierde ronde van die Australiese Ope en sit haar poging voort vir ‘n derde agtereenvolgende titel op Melbourne Park. Die 26-jarige Belarus het die 42ste op die wêreldranglys, Clara Tauson van Denemarke, geklop. Die 11de-gekeurde Paula Badosa van Spanje het Marta Kostyuk van Oekraïne verslaan. Daar was ook oorwinnings vir Donna Vekic van Kroasië en die Rus Anastasia Pavlyuchenkova. In die mansafdeling het die Amerikaner Tommy Paul vir Roberto Carballes Baena van Spanje verslaan.