Plaaswerkers se minimum N$10 per uur ‘nie ‘n probleem’
Die arbeidministerie het die landbousektor se aansoek om vrystelling van die nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur nie goedgekeur nie. Die sektor kan wel die minimumloon oor drie jaar infasseer. Plaaswerkers moet nou minstens 10 dollar ‘n uur ontvang, teenoor die vorige 6 dollar per uur, terwyl voordele soos behuising, water, krag en kos steeds van krag bly. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danie van Vuuren, die Landbouwerkgewersvereniging se uitvoerende hoof, wat sê dis nie ‘n probleem nie.